Job 3:1-11

Job 3:1-11 DB

Toe Job uiteindelik begin praat, wou hy weet hoekom hy ooit gebore is. Hy het gesê: “Ek moes nooit gebore gewees het nie. Ek moes nooit eens begin bestaan het nie. Die dag wat my lewe begin het, is ’n swart dag. God moet Hom nie eens aan dié dag steur nie. Nie eers ’n skrefie lig moet maak dat mense weet van so ’n dag nie. Laat donkerte my geboortedag insluk. Laat donker wolke dit toemaak. Die donkerte moet die lig wegdryf. Die nag wat my lewe begin het, moet so verdwyn asof daar nooit eers so ’n nag bestaan het nie. Dit moet wees asof daar nooit so ’n dag in ’n spesifieke jaar of maand was nie. Die dag moet nie eers getel word nie. Dit sou beter gewees het as ek nooit daardie nag gebore is nie. Niemand moes bly gewees het omdat ek gebore is nie. Daar is mense wat weet hoe om vloeke uit te roep. Hulle is die mense wat ook weet hoe om die seemonster op te roep. Laat hulle my geboorte vervloek! Mag die môrester glad nie skyn nie. Mag daar niks kom van die hoop dat die dagbreek na die nag sal kom nie. Dit is ’n groot jammerte dat ek daardie nag gebore is. Nou sit ek met hierdie groot ellende in my lewe.” Job het verder gegaan en gesê: “Hoekom is ek nie doodgebore nie?

Gratis leesplanne en oordenkings oor Job 3:1-11