Job 26

26
Job praat ’n negende keer
1Job het Bildad geantwoord en gesê: 2“Dis nou wonderlike hulp wat jy vir ’n mens gee wat swak en hulpeloos is. 3Hoe goed is jou raad nie vir iemand wat net mooi niks weet nie! Sjoe, jy wys dat jy sommer baie kennis het. 4Waar kom jy aan alles wat jy sê? Wie inspireer jou om hierdie dinge te sê?
5“Die mense wat reeds dood is, bewe voor God daar in die doderyk. 6Die doderyk is die plek van vernietiging. Dit lê oop en bloot voor God. 7God sprei die hemel in die noorde uit oor ’n leë gat. Hy laat die aarde in ’n leë ruimte hang. 8Hy maak die reën toe in dik wolkkomberse sonder dat dit skeur, al is die reën ook hoe swaar. 9Hy maak die volmaan toe met ’n wolk wat Hy daaroor trek. 10Hy het die horison getrek op die water om ’n grens tussen lig en donker te maak. 11Die pilare waarop die hemel staan, sidder en bewe vir sy kwaai woorde. 12Met sy krag laat Hy die oersee bedaar. Hy het die seemonster met sy vaardighede verpletter. 13Met sy asem het Hy die hemelruim skoon geblaas. Met sy krag het Hy die seemonster deurboor toe hy wou wegvlug. 14Hierdie dinge is maar ’n druppel in die emmer van wat Hy kan doen. Dit is maar net ’n gefluister oor sy krag. Wie sal die groot gedreun van sy mag kan verstaan?”

Tans Gekies:

Job 26: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid