Job 25

25
Bildad reageer ’n derde keer op Job
1Bildad het Job geantwoord en gesê: 2“God is in beheer. Mense behoort Hom te vrees. Hy sorg dat daar vrede in die hemel is. 3Wie kan sy leërmag tel? Is daar iemand oor wie sy lig nie skyn nie? 4Hoe kan ’n doodgewone mens voor God staan en sê dat hy altyd reg doen en sonder skuld is? 5Die maan is nie helder genoeg en die sterre nie blink genoeg as jy dit met God vergelyk nie. 6As dit so is, is mense nog baie minder werd vir die Here. Die mens is eintlik maar net ’n wurm in sy oë!”

Tans Gekies:

Job 25: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid