Job 18

18
Bildad reageer ’n tweede keer teen Job
1Bildad het Job geantwoord en gesê: 2“Hoe lank gaan jy nog aanhou praat, Job? Dink ’n slag mooi oor wat jy sê, dan praat ons weer. 3Dink jy ons is ’n klomp beeste? Dink jy ons is dom? 4Jy maak jouself vreeslik seer omdat jy kwaad is. Maar sê my, moet al die mense van die aarde padgee ter wille van jou? Moet ’n rots ter wille van jou uit sy plek geskuif word?”
Bildad sinspeel dat dieselfde met
Job sal gebeur as met slegte mense
5“Dit is waar dat die lig van die slegte mense sal doodgaan. Hulle vlammetjies sal nie meer brand nie. 6Daar sal nie meer lig in hulle blyplekke skyn nie. Hulle lampe sal ook ophou brand. 7Die slegte mense sal nie meer so vol selfvertroue rondloop nie. Hulle eie planne sal hulle laat ondergaan. 8Hierdie kwaaddoeners sal in ’n net vasloop. Hulle sal in ’n vanggat val wat in die pad gegrawe is. 9Hulle sal in ’n wip trap wat hulle aan die hakskeen sal vasvang. 10’n Lus is vir hulle op die grond weggesteek wat hulle nie sal kan sien nie. 11Oral om hulle is daar gevare wat hulle bangmaak en hulle wil oorval. 12Omdat hulle honger is, het hulle nie veel krag nie. Onheil kan nie wag dat hulle moet val nie. 13Daar is siektes wat hulle vel laat wegkrimp. Die dood eet hulle ledemate weg. 14Hulle sal uit die veiligheid van hulle woonplekke uitgeruk word. Hulle sal dan na die koning van alle onheil gebring word. 15Daar sal niks in hulle huise oorbly nie, want brandende swael sal daaroor gegooi word. 16Hulle wortels sal uitdroog en hulle takke sal heeltemal verlep. 17Niemand sal ooit eens onthou of weet dat hulle op die aarde geleef het nie. 18Hulle sal uit die lig in die donker gegooi word. Hulle sal uit hierdie wêreld gejaag word. 19Hulle sal nie kinders of kleinkinders hê nie. Niemand sal oorleef om in hulle land agter te bly nie. 20Die mense in die weste en in die ooste sal geskok wees oor wat met hulle gebeur. 21Hulle sal sê: ‘Dit moet die huise wees van mense wat God nie geken het nie en hulle nie aan Hom gesteur het nie.’ Dieselfde sal met jou gebeur, Job, omdat jy opstandig is.”

Tans Gekies:

Job 18: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid