Johannes 13:3-7

Johannes 13:3-7 DB

Dit het Jesus nie bang gemaak nie. Hy het van God af gekom en moes nou teruggaan. Boonop het Hy alles onder beheer gehad. Daarvoor het God gesorg. Jesus staan toe op en bind ’n handdoek om sy middel vas. Hy maak toe ’n bak vol water en begin sy volgelinge se voete een vir een was. Met die handdoek om sy lyf droog Hy hulle voete af. Hy kom toe by Simon Petrus. Voor Hy nog kon begin, val Petrus weg: “Here, wil U nou regtig my voete staan en was?” “Petrus, dit mag nou vir jou snaaks lyk dat Ek so iets wil doen,” sê Jesus, “maar gee ’n bietjie kans; al hierdie dinge sal wel later vir jou sin begin maak.”