Jeremia 4:1-2

Jeremia 4:1-2 DB

“Israel, as julle besluit om weg te breek van wat julle nou doen, kom dan na My toe terug,” sê die Here. “As julle ontslae raak van die haatlike afgode, hoef julle mos nie meer so sonder rigting te wees nie. As julle ’n plegtige belofte aflê en my Naam daarvoor gebruik, moet julle die waarheid praat. Begin om reg te lewe. Sorg dat mense regverdig behandel word en doen wat reg is. As julle dit kan regkry, sal julle baie vir die nasies van die wêreld beteken. Hulle reaksie daarop sal wees om te kom en My te aanbid.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid