Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood. Liewe broers en susters, moenie toelaat dat mense julle allerhande stories hieroor vertel nie. God het niks slegs in Hom nie. Hy is ook nie die een dag in ’n goeie bui en die volgende dag in ’n slegte bui nie. Hy bly altyd dieselfde. Hy het alles gemaak, ook die sterre in die hemel. Dit is ook Hy wat goeie dinge met julle laat gebeur. As sulke mooi dinge met julle gebeur waaroor julle maar net kon droom, moet julle weet: dit kom van God af. Byvoorbeeld, waar kom ons nuwe bestaan as Christene vandaan? God het besluit om dit vir ons te gee. Ons het sy boodskap gehoor en só geleer waaroor die ware lewe regtig gaan. Dit het eerste met ons gebeur. Dat dit met ons gebeur het, moet vir almal en alles ná ons ’n bewys wees dat dit wel moontlik is en kan gebeur. Liewe mede-Christene, plak hierdie woorde op waar julle dit elke dag kan sien: julle moet ander mense ’n kans gee om te sê wat hulle op die hart het. Luister rustig na hulle sonder om hulle te wil doodpraat. Wanneer dit jou kans is, gee jou mening. Moet jou net nie vererg nie, want wat gaan dit nou help? As jy jou humeur verloor, kan jy mos nie meer daarop ingestel wees om te doen wat God wil nie.
Lees Jakobus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 1:14-20
5 Days
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
This is not a plan to beat you up, tell you to double down on your efforts, and just get your act together. The Porn Free plan will lovingly take you by the hand, meet you where you are, and lead you with both grace and truth into freedom.
6 Days
Addiction, divorce, discontentment, and spiritual emptiness. How do we end up in these messes? It’s like we somehow start following bad advice. This Life.Church Bible Plan is for people who want to do away with the bad and bring on some Good Advice.
Porn is a battleground with many casualties, including broken lives and relationships. It disconnects us from reality and negatively affects our expectations about sex and love. It triggers changes in our body that become addictive and harmful. It may lead to other sin and, worst of all, it moves us away from God’s love. God wants to help set you free from the pattern of lust, guilt, and broken promises.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's