“Kyk net wat Ek gaan doen. Ek gaan haar ompraat om saam met My na die woestyn toe te gaan. Ek gaan daar vir haar mooi dinge sê wat sy graag wil hoor. As ons daar is, gaan Ek haar wingerde vir haar teruggee. Ek gaan die Akorlaagte verander. Daar waar sy hartseer was oor wat gebeur het, daar gaan Ek vir haar hoop gee vir die toekoms. Sy gaan weer vir My lief word soos vroeër toe sy nog jonk was. Dit gaan wees soos in die dae toe Ek haar uit Egipte gered het. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy vir My sê: ‘Jy is my man.’ Jy sal My nie weer ‘My leier Baäl’ noem nie. Jy sal nie eens meer die naam van Baäl noem nie. Jy sal skoon vergeet wat sy naam was. Ek gaan my volk teen die wilde diere beskerm. Ek gaan op daardie dag ’n ooreenkoms sluit met die wilde diere van die veld, met die roofvoëls in die lug en met die ongediertes op die grond om my mense te spaar. Ek sal die gevaar van die oorlog wegvat. Daar sal nie meer wapens wees om mee oorlog te maak nie. Hulle sal veilig in hulle land kan woon. “Ek sal joune wees vir altyd. Tussen My en jou sal alles reg loop. Ons sal aan mekaar getrou wees en mekaar liefhê. Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek doen waarvoor hulle gebid het. Ek sal wolke in die lug gee. Dit sal reën op die grond wat so dors was. Die aarde sal die reënwater opsuig. Die aarde sal dan koring en wyn en olie gee. Ek sal na die gebed van Jisreël luister. Die oes wat uit die land uit kom, sal vir hulle kos gee. Ek sal jou terugvat Jisreël toe. Ek sal jou daar laat bly. Ek sal lief word vir Lo-Rugama vir wie Ek nie omgegee het nie. Ek sal vir Lo-Ammi wat nie aan My behoort nie, sê: ‘Nou is jy weer my volk.’ En hy sal vir My sê: ‘My God.’”
Lees Hosea 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 2:13-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's