Hebreërs 9:24-28

Hebreërs 9:24-28 DB

Christus is nie sommer in ’n heilige plek in wat deur mense gemaak is en net soos ’n skaduwee van die regte een is nie. Nee, Hy is in die hemel self na God toe om ons saak daar by God namens ons te gaan stel. Die hoëpriester op aarde moes ook natuurlik elke jaar in die Heiligste deel ingaan met die bloed van diere. Christus is egter nie weer en weer in die hemel in om Homself elke keer van voor af te offer nie. Dan moes Hy mos van die begin af oor en oor gely het. Nee, Christus het maar een maal gekom toe die tyd daarvoor ryp was. Toe het Hy Homself vir God geoffer en so klaargespeel met al ons sondes. Net soos ’n mens maar een maal sterf en dan voor God moet gaan staan om sy oordeel aan te hoor, so het Jesus net een maal gesterf. Sy sterwe was soos ’n offer waarmee Hy gesorg het dat God al die verkeerde dinge oorsien wat baie mense gedoen het. Christus sal weer kom, maar hierdie keer nie om vir al die verkeerde dinge wat ons doen te kom boet nie. Hy sal dan kom om almal wat vir Hom wag na God toe te neem.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid