HEBREËRS 9:24-28

HEBREËRS 9:24-28 NLV

Christus het immers tot in die hemel self ingegaan om nou as ons voorspraak voor God te verskyn. Hy het nie in die aardse heiligdom ingegaan nie – dit is tog maar net ’n namaaksel van die ware een. Hy het ook nie in die hemel ingegaan om Homself oor en oor te offer soos die aardse hoofpriester jaar na jaar in die Allerheiligste moes ingaan om die bloed van diere te offer nie. Anders sou Christus mos telkens weer moes sterf van die begin van die wêreld af! O nee, Hy het nou, met die voleinding van die tye, eens en vir altyd verskyn om deur sy offer die sonde vir altyd weg te neem. Soos elke mens bestem is om net een keer te sterf en daarna kom die oordeel, net so is Christus ook net een keer geoffer om baie mense se sonde weg te neem. Hy sal weer kom, maar dan nie met die oog op die verlossing van sonde nie. Hierdie keer sal Hy verskyn om almal wat gretig na sy koms uitsien, finaal te verlos.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid