Hy moet ons reghelp vir ons eie beswil, sodat ons uiteindelik net soos Hy heilig kan wees. Dit is nie lekker om gestraf te word nie, want dit maak seer, maar later pluk ons die vrugte. Iemand wat sy les uit die straf geleer het, sal ’n mens word wat doen wat God wil hê en daarom in vrede leef. Julle moet nie soos ’n klomp geestelike swakkelinge leef nie. Wees entoesiasties oor wat julle as Christene doen. Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar ’n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.
Lees Hebreërs 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 12:11-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's