Hebreërs 12:11-13

Hebreërs 12:11-13 AFR20

Op die oomblik lyk elke tugtiging wel nie of dit blydskap bring nie, maar droefheid. Later lewer dit egter 'n vredevolle vrug op vir hulle wat daardeur ingeoefen is: 'n vrug van •geregtigheid. Daarom, tel op die slap hande en die lam knieë, en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat lam is, nie dalk mag swik nie, maar eerder gesond kan word.