Maar kyk maar, mense wat baie van hulleself dink, word maklik deur ’n honger na mag verlei. Hulle kry nooit genoeg nie en is nooit tevrede met wat hulle het nie. ’n Mens kry altyd die gevoel dat hulle gulsig is. Hulle hou net altyd aan om ander volke te probeer oorwin en te oorheers. Maar die dag sal kom wanneer hierdie volke wat nou ly, spotliedjies oor die Babiloniërs sal begin sing en hulle belaglik sal maak met spotgedigte. Hulle sal sê: Dit sal nog beroerd met julle gaan, julle diewe! Hoe lank dink julle kan julle nog aanhou om mense te verplig om sogenaamde skuld te betaal sodat julle nog ryker kan word? Dinge sal nog verander, julle sal sien. Baie gou gaan hierdie mense by wie julle skuld invorder in opstand kom. Julle sal van vrees aan die bewe gaan as hulle julle begin aanval en julle in hulle mag beland. Julle het baie nasies besteel, nou sal van die volke wat oorgebly het, julle besteel. Hulle sal wraak neem op julle oor al die mense wat julle vermoor het en oor al die stede en die mense wat onder julle geweld moes ly.
Lees Habakuk 2
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Habakuk 2:5-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's