Genesis 50:15-21

Genesis 50:15-21 DB

Hulle besluit toe om ’n boodskap vir Josef te stuur. “Voor sy dood,” so het die boodskap begin, “het Pa gesê ons moet die saak met jou regmaak. Soos jy weet, staan ons voor jou en Pa se God skuldig. Maar nou, Josef, vra ons jou mooi om ons daardie dag se verskriklike daad te vergewe.” Josef het begin huil toe hy die boodskap hoor. Die broers is self na Josef toe en het laag voor hom gebuig en vir hom gesê: “Hier is ons. Ons sal jou slawe wees.” Josef het gesê: “Moet tog nie bang wees nie. Ek is mos nie God nie. Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het. Julle hoef regtig niks te vrees nie. Tot die einde toe sal ek vir julle en julle kinders sorg.” Josef se woorde was vol deernis en sy liefde teenoor sy broers het hulle getroos en bemoedig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 50:15-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid