Genesis 50:15-21

Genesis 50:15-21 AFR20

Toe Josef se broers besef dat hulle vader nou dood is, sê hulle: “As Josef 'n wrok teenoor ons koester, gaan hy ons beslis terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het.” Hulle het toe vir Josef laat weet: “U vader het voor sy dood opdrag gegee, ‘So moet julle vir Josef sê: “Vergewe tog asseblief die oortreding van jou broers en hulle misstap – dat hulle jou soveel kwaad aangedoen het.” ’ Dus, vergewe dan asseblief die oortreding van die dienaars van die God van u vader.” Josef het gehuil toe hulle met hom praat. Sy broers het ook self gegaan, voor hom neergeval en gesê: “Kyk, ons is u slawe.” Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want is ek in God se plek? Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou. Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 50:15-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid