Hier volg die verhaal van Isak, die seun van Abraham. Abraham was Isak se pa. Isak was 40 toe hy met Rebekka, die dogter van Betuel, die Arameër uit Paddan-Aram en die suster van Laban die Arameër getroud is. Rebekka kon egter nie kinders hê nie. Isak het toe baie vir sy vrou gebid en die Here het sy gebede verhoor. Sy het ’n kind verwag, maar Rebekka het swaargekry. Dit was of die twee kinders binne-in haar heeltyd teen mekaar stamp. So erg was dit dat Rebekka naderhand gesê het: “As dit so moet aanhou, hoekom lewe ek?” Sy het gebid en die Here gevra wat sy moet doen. Die Here het geantwoord: “Twee volke stoei in jou skoot. Twee volke sal uit jou kom. Die een sal egter sterker as die ander een wees. Die oudste broer sal die jongste een dien.” Teen die tyd dat Rebekka geboorte moes skenk, het hulle ontdek daar is ’n tweeling op pad. Die eerste kind is gebore. Hy was rooierig van kleur en oral op sy lyf was daar hare. Hulle het hom Esau genoem. Toe die tweede kind gebore is, was sy een hand om sy broer se enkel. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe hierdie twee seuns gebore is.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 25:19-26
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's