Hier volg die familiegeskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham het Isak verwek. Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. Isak het by die HERE gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die HERE het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. Die kinders in haar het mekaar weggestoot. Toe sê sy: “As dit so is, waarom moet juis ek dit oorkom?” Sy het gegaan om die HERE te raadpleeg. Die HERE het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot, en twee volke – uit jou liggaam sal hulle uitmekaar gaan. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” Toe haar tyd aanbreek om geboorte te gee, is daar 'n tweeling in haar moederskoot! Die eerste een het uitgekom, asof met 'n mantel van hare, heeltemal rooibruin. Hulle het hom Esau genoem. Daarna het sy broer uitgekom, met sy hand wat aan Esau se hakskeen vashou. Hulle het hom toe Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 25:19-26
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's