Genesis 2:4-9

Genesis 2:4-9 DB

Dit is dan die verhaal van die hemel en die aarde en hoe dit ontstaan het. Die dag toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was alles op aarde kurkdroog. Daar was nie ’n enkele plant in die grond nie en ook geen bossies in die veld nie. Alles was droog, want die Here God het nog nie reën op die aarde gestuur nie en daar was ook nog geen mens om die aarde te bewerk nie. ’n Mistigheid het later vanuit die dieptes van die aarde opgekom en die grond natgemaak. Toe het die Here God van die aarde se bogrond gevat en ’n mens daarvan gemaak. Hy het ook sy asem in die mens se neusgate geblaas en die mens het begin leef. Die Here God het toe ’n tuin in Eden, in die ooste, geplant en die mens daar laat bly. Die Here God het verskillende bome uit die vrugbare tuin se grond laat opkom; pragtige bome met heerlike vrugte wat lekker is om te eet. In die middel van die tuin het die boom van die lewe gestaan asook die boom van kennis van goed en kwaad.

Video for Genesis 2:4-9

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 2:4-9