GENESIS 2:4-9

GENESIS 2:4-9 NLV

Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde. Toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die HERE God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n mens wat die grond kon bewerk nie. Maar water het uit die aarde opgeborrel en so is die grond natgemaak. Toe vorm die HERE God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n lewende wese, die mens, geword. Daarna het die HERE God ’n tuin in Eden in die ooste geplant. Hy het die mens wat Hy geskape het daarin laat woon. Die HERE God het ook verskillende soorte bome uit die grond laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook die boom van kennis van wat reg en verkeerd is.

Video for GENESIS 2:4-9

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 2:4-9