Genesis 17:1-7

Genesis 17:1-7 DB

Toe Abram amper 99 jaar oud was, het die Here weer na hom toe gekom. “Abram,” het Hy gesê, “Ek is El Shaddai, die God wat almagtig en sterk is. Jy moet altyd naby aan My leef en net die regte dinge doen. “Ek sluit ’n ooreenkoms met jou dat Ek sal sorg dat jy eendag ’n groot nageslag het.” Terwyl God nog gepraat het, het Abram voor Hom neergeval. God het toe gesê: “Abram, dit is my deel van my ooreenkoms met jou: jy sal nog die pa van baie nasies en van ’n massa mense word. Ek dink baie aan hierdie belofte van My. “Ek gaan jou naam nou dadelik verander. Hulle sal jou nie meer Abram noem nie, maar Abraham, want Ek maak jou die pa van baie nasies.’ “Jou kinders sal baie kinders hê. Uit hulle sal groot nasies en belangrike konings kom. “Ek sal my ooreenkoms met jou nakom, en met jou kinders. Wat Ek beloof het, geld vir altyd. Ek sal ook hulle God wees soos Ek joune is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 17:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid