GENESIS 17:1-7

GENESIS 17:1-7 NLV

Toe Abram 99 jaar oud was, het die HERE weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg. Ek sal my verbond met jou maak en jy sal ’n groot nasie word.” Toe Abram dit hoor, val hy met sy gesig op die grond. God sê toe vir hom: “Dit is my verbond wat Ek met jou sluit: Jy sal die voorsaat wees van baie nasies. Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies. Ek sal jou talle nasate gee wat uit baie nasies sal bestaan. Daar sal ook konings uit jou nageslag voortkom. “Ek sal my verbond tussen My en jou bevestig van geslag tot geslag. Dit sal vir altyd voortduur. Ek sal altyd jou God wees en ook die God van jou nageslag.

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 17:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid