Jesus Christus het my as ’n apostel aangestel, saam met God die Vader wat Hom uit die dood laat opstaan het. My aanstelling as apostel kom nie van mense af nie. Ek en die gelowiges wat hier by my is, groet julle almal daar in die kerke in Galasië. Ons God en Vader en ons Here Jesus Christus se goedheid en vrede is by julle almal. Jesus Christus het sy lewe vir ons opgeoffer sodat ons sondes nie meer soos ’n muur tussen God en ons staan nie. Hy het dit vir ons gedoen om ons uit die kloue van hierdie sondige wêreld te bevry. Op hierdie manier het Jesus ons God en hemelse Vader se raadsplan tot uitvoer gebring. Aan God alleen kom al die eer toe. Nou en vir altyd! Vir seker!
Lees Galasiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 1:2-5
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's