Eksodus 32:1-5

Eksodus 32:1-5 DB

Toe Moses so lank wegbly en nie dadelik weer van die berg af terugkom nie, het die volk by Aäron bymekaargekom. Hulle sê toe vir hom: “Ons weet nie wat van hierdie man Moses geword het nie. Hy het ons uit Egipte gelei, maar nou is hy skoonveld. Jy moet vir ons ’n ander god kry wat ons verder kan lei.” Aäron sê toe vir hulle: “Kry by julle vroue en julle seuns en dogters die goue oorringe wat hulle aanhet en bring dit vir my.” Hulle het die oorringe gevat en vir Aäron gebring. Hy het dit by hulle gekry en daarvan ’n beeld van ’n kalf gemaak wat uit goud gegiet is. Die volk sê toe: “Israel, hier is jou god wat jou uit Egipte laat wegtrek het.” Toe Aäron sien wat hulle doen, het hy ook nog ’n altaar vir offers daar by die beeld gebou. Hy het gesê: “Môre gaan ons fees hou vir die Here!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 32:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid