EKSODUS 32:1-5

EKSODUS 32:1-5 NLV

Toe die volk sien dat Moses lank wegbly en nie van die berg af kom nie, het hulle na Aäron toe gegaan. Hulle het vir hom gesê: “Maak vir ons ’n god wat ons kan lei. Ons weet nie wat van hierdie man Moses geword het wat ons uit Egipte weggelei het nie.” Aäron het toe vir hulle gesê: “Haal julle vroue en seuns en dogters se goue ringe van hulle ore af en bring dit hier vir my.” Almal van die volk het toe die goue ringe afgehaal en dit vir Aäron gebring. Aäron het dit by hulle gevat, dit gesmelt en daarvan ’n kalf gemaak wat uit goud gegiet is. Die volk sê toe: “Israel, hier is jou god wat jou uit Egipte bevry het!” Toe Aäron dit sien, het hy ook ’n altaar voor die kalf gebou. Hy het aangekondig: “Ons hou môre ’n fees vir die HERE!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 32:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid