Die Here het verder met Moses gepraat: “Ek het Besaleël gekies om die voorman te wees wanneer die tent gemaak word. Hy is Uri se seun. Sy oupa is Gur. Hulle is uit die stam van Juda. My Gees gee vir hom die verstand en die insig, die kennis en die vaardigheid om dinge te ontwerp en dit dan van goud of silwer of koper te maak. Hy kan met edelstene werk en houtsnywerk doen en enige kunswerk maak. Ek het ook Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan gekies om saam met hom te werk. “Ek het aan verskillende mans wat fluks is met hulle hande die vaardigheid gegee om die tent te maak soos Ek vir jou beduie het.
Lees Eksodus 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 31:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's