Eksodus 17:11-12

Eksodus 17:11-12 DB

Solank as wat Moses sy hand in die lug gehou het, het Israel die oorhand gehad. Die oomblik as hy sy hand laat sak het om te rus, swaai die geveg om en begin Amalek wen. Moses se hand het naderhand moeg geword. Hulle het hom toe op ’n klip laat sit. Aäron en Hur het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou. So kon sy hande in die lug bly totdat die son die dag ondergegaan het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid