Eksodus 13:17-22

Eksodus 13:17-22 DB

Toe die farao uiteindelik instem om die volk te laat gaan, het die Here hulle nie kortpad al langs die see na die land van Filistyne laat trek nie. As hulle met daardie pad langs getrek het, kon hulle in gevegte met ander mense beland het, wat hulle so sou kon laat skrik dat hulle sommer kortom sou vlug terug Egipte toe. God het eerder die volk laat wegdraai om met die pad langs te trek wat na die Rietsee toe gaan. Die Israeliete het hulleself in groepe gerangskik en op ’n ordelike manier uit Egipte uit weggegaan. Moses het Josef se liggaam saamgevat. Josef het die Israeliete destyds plegtig laat belowe dat hulle sy liggaam saam met hulle sal vat wanneer die Here hulle weer na hulle land laat teruggaan. Hulle het van Sukkot af weggegaan en by Etam op die rand van die woestyn gaan kamp opslaan. Die Here self het voor hulle uitgegaan. In die dag het Hy vir hulle die pad gewys met ’n hoë wolk wat voor hulle uitgaan. In die nag was daar ’n bol vuur in die lug wat vir hulle lig gegee het. Hulle kon dag en nag verder trek. Die wolk in die dag het nooit weggegaan nie en die vuurbol het altyd in die nag daar gebly.

Video for Eksodus 13:17-22