Jesus het die goeie boodskap gebring dat daar vrede in die wêreld gekom het. Die vrede is nie net bedoel vir die klompie Jode wat naby aan God geleef het nie, maar ook vir almal in die wêreld wat vir baie jare so ver van God af was dat hulle niks van Hom geweet het nie. Vir almal (Jode of nie-Jode) het Jesus die pad na God toe oopgemaak, en deur die Gees ervaar ons nou ook hoe naby God regtig aan ons gekom het. Julle moet besef wat dit alles vir julle beteken. Vir God en sy mense is julle nie nou meer vreemd of staan julle daar buite iewers nie. Nee, julle is nou in die volste sin van die woord deel van God se mense. Julle is deel van sy familie. Of laat ek die beeld van die bou van ’n huis gebruik. Julle is deel van die gebou wat God in hierdie wêreld aan die bou is. Die fondament van die gebou is die boodskap oor Jesus wat julle gehoor het van die manne wat deur God gestuur is en namens Hom praat. Die belangrikste steen in die gebou, waarsonder die gebou sommer inmekaar sal val, is Jesus self. Omdat ons almal Jesus s’n is en Hy ons Here is, vorm ons almal saam ’n sterk en stewige gebou. Dit is soos ’n spesiale huis net vir God. Elkeen van julle wat Jesus s’n is, is deel van hierdie gebou. En God self woon in julle gebou omdat sy Gees in julle is.
Lees Efesiërs 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Efesiërs 2:17-22
5 Days
There might be a reason you sometimes wonder why Christians go to church. Maybe church was never meant to be just another place to go. Whether you’re worn out by church or wondering where you fit, it’s a great time to see what the Bible says about being the Church. Start this Life.Church Bible Plan to go along with Pastor Craig Groeschel’s series, Stop Going to Church .
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
5 dae
Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2). In hierdie plan kyk ons na die feestye wat God se heilige samekomste is waartydens die mense gerus en fees gevier het.
For some, Christmas time can be full of grief, tragedy, hurt, and division. Yet Christmas celebrates that God became a human and stepped right into the middle of our hurting, angry, chaotic world to bring us peace—peace among people and, even more importantly, peace with God. Join us this Advent season in looking at the peace brought by Christ.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's