Deuteronomium 34:5-7

Deuteronomium 34:5-7 DB

Moses, die man wat die Here gedien het, is toe daar in die land Moab dood, net soos die Here gesê het. Die Here het self vir Moses begrawe in ’n vlakte in die land Moab, regoor Bet-Peor. Tot vandag toe weet niemand waar Moses se graf is nie. Moses het die hoë ouderdom van 120 bereik. Hy was nog sterk en gesond. Sy oë het nog nie eens ingegee nie. En hy het nog niks makeer nie.