DEUTERONOMIUM 34:5-7
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses, die dienaar van die HERE, het toe daar in Moab gesterf, net soos die HERE gesê het. Die HERE het hom in ’n vlakte naby Bet-Peor begrawe, maar tot vandag toe nog weet niemand presies waar die plek is nie. Moses was 120 jaar oud toe hy dood is sonder dat sy oë verswak geraak het of sy krag min geword het.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf. Die Here het gesê hy moet sterf. Die Here het vir Moses begrawe in die vallei in die land Moab oorkant die stad Bet-Peor, en tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie. Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë was nog goed en hy was nog sterk.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE. En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie. En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het. Hy het vir Moses begrawe in 'n vlakte in Moab, regoor Bet-Peor, maar tot nou toe weet niemand waar sy graf is nie. Moses was honderd en twintig jaar toe hy gesterf het; sy oë was toe nog goed en sy krag het nog nie ingegee nie.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Moses, die dienskneg van die HERE, daar in die land Moab op bevel van die HERE gesterf. Hy het Moses in die land Moab in die vallei teenoor Bet-Peor begrawe, en tot vandag toe weet geen mens waar sy graf is nie. Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë het nie verswak en sy kragte nie afgeneem nie.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterf in die land Moab, volgens die woord van die HERE. En hy het hom begrawe in 'n dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, maar niemand weet van sy graf tot vandag toe nie. En Moses was honderd en twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie dof nie, en sy natuurlike krag het nie afgeneem nie.
DEUTERONOMIUM 34:5-7 Die Boodskap (DB)
Moses, die man wat die Here gedien het, is toe daar in die land Moab dood, net soos die Here gesê het. Die Here het self vir Moses begrawe in ’n vlakte in die land Moab, regoor Bet-Peor. Tot vandag toe weet niemand waar Moses se graf is nie. Moses het die hoë ouderdom van 120 bereik. Hy was nog sterk en gesond. Sy oë het nog nie eens ingegee nie. En hy het nog niks makeer nie.