Onthou dit altyd: toe julle Christene geword het, het julle saam met Christus ’n nuwe lewe gekry. Tree asseblief nou op soos mense wat saam en vir die Here leef. Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. Onthou, Hy is die Een met die mag. Hy sit op die oomblik op die ereplek langs God self in die hemel. Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie. Ek praat van tydelike, aardse dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou. Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is. Dink daaroor na, praat daaroor en doen dit! Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het ’n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle. Christus gee julle daardie nuwe lewe. Wanneer Christus eendag weer kom, sal julle almal by Hom kan gaan staan as mense wat Hy lewend gemaak het. Almal sal julle saam met Hom sien. Dan sal hulle ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is. Moenie toelaat dat dinge waarvan Jesus nie hou nie, enige rol in julle lewe begin speel nie. Raak daarvan ontslae sodra dit in jou lewe kop uitsteek. Ek praat van dinge soos ontoelaatbare seks of vuil gedagtes wat op vieslike optrede uitloop. Om sulke dinge net te loop en begeer is al verkeerd. En dan is daar mense wat nooit genoeg kan kry nie. Hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê. Asof dit hulle god is, wy hulle al hulle tyd en energie daaraan om net al hoe meer in die hande te probeer kry.
Lees Kolossense 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Kolossense 3:1-5
4 Days
As Christ followers, we have a new life in Christ. But, what does that mean? In this Bible Plan, you’ll learn what a new life in Christ is, how to root out the junk by planting in Christlike qualities, and how to say and do everything as if we were doing it for Christ Himself.
5 Days
Being a new creation in Christ means that we are being constantly renewed through Him. God renews our hearts, minds, and body. He even renews our purpose. During this 5-day Bible Plan, you will dive deeper into what God's Word says about renewal. Each day, you will get a Bible reading and a brief devotional that will help reflect on the different ways we experience God's renewal. For more content, check out finds.life.church
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.
7 Days
When the Bible is confusing, Through the Word explains it with clear, concise audio guides for every chapter. Here in Colossians, Kris Langham guides us as we learn who Jesus is and how to follow Him today. We’ll also get great insight on God’s directions for marriage and work, and what it means to be remade in His image. Plus the Bible’s antidote to weird Christianity! Welcome to Colossians Explained.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's