Agrippa het toe vir Paulus gesê: “Stel nou jou kant van die saak.” Paulus het met ’n handgebaar gewys dat hy gereed was om te praat. Toe sê hy: “Geagte koning Agrippa, ek is baie bly dat ek juis voor u mag antwoord op die aanklagte wat die Jode teen my ingebring het. U ken immers al die Joodse tradisies. En natuurlik weet u ook van al ons godsdienstige verskille. “Van my kinderdae af het ek tussen my eie mense in Jerusalem gebly. Hulle almal ken my. As een van hulle die moed sou gehad het om vandag hier op te staan, sou hulle vir u kon sê dat ek ’n lid was van die Fariseërs, die strengste godsdienstige groep binne ons godsdiens. Die ironie van dit alles is dat ek nou aangekla word omdat ek al die beloftes wat God aan ons voorouers gemaak het met my hele lewe glo.
Lees Handelinge 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 26:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's