Agrippa het vir Paulus gesê: “Jy het vergunning om jou saak te stel.” Toe het Paulus sy hand uitgestrek en homself verdedig: “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippa, dat ek my vandag voor u gaan verdedig teen alles waarvan ek deur die Jode aangekla is, veral omdat u op hoogte is van al die gebruike en strydvrae onder die Jode. Dus versoek ek u om geduldig na my te luister. Al die Jode weet hoe ek van die begin af, sedert my jeug, my lewe onder my volk in Jerusalem gelei het. Omdat hulle my van jongs af ken, sal hulle kan getuig, as hulle wil, dat ek volgens die strengste party in ons godsdiens, as •Fariseër geleef het. En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat deur God aan ons voorvaders gemaak is
Lees Handelinge 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 26:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's