Handelinge 1:15-20

Handelinge 1:15-20 DB

Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: “Broers en susters, ek wil eers met julle oor daardie verraaier van ’n Judas praat. Ek kan nou nog nie glo dat hy kop in een mus was met die spul wat vir Jesus gevang het nie. Ja, hy het dit alles beplan. “Om te dink dat Judas heeltyd een van ons was! Met die omkoopgeld wat hy gekry het om Jesus te verraai, het hy vir hom ’n stuk grond gaan koop. Maar hy is ’n paar dae gelede daar dood. Hy het hom doodgeval. Sy binneste het oopgebars van die val sodat hy hom doodgebloei het. Dalk het julle ook daarvan te hore gekom. Judas se dood is immers hoofnuus hier in Jerusalem se strate. Die mense noem daardie stuk grond van hom nou Bloedgrond, of soos hulle in Hebreeus sê: Akeldama. “In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 1:15-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid