HANDELINGE 1:15-20
HANDELINGE 1:15-20 Bybel vir almal (ABA)
Eendag was daar omtrent 120 mense bymekaar. Toe het Petrus, die leier, opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, die Heilige Gees het lank gelede vir Dawid gebruik om in die Ou Testament iets te sê oor Judas. Julle weet dat Judas vir die Joodse leiers gesê het hoe hulle vir Jesus kan vang. Daardie woorde in die Ou Testament móés waar word, en dit hét gebeur. Want Judas was een van ons en hy het die werk van 'n apostel gedoen. Judas het 'n stuk grond gekoop met die omkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. 'n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom. Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’ Want in die Psalms is daar geskryf: “ Sy woonplek moet 'n woestyn word, daar moet niemand woon nie, “en “ iemand anders moet sy werk doen.
HANDELINGE 1:15-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê: Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het; want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry. Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort; en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond. Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.
HANDELINGE 1:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd was daar 'n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om 'n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. “Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy 'n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. “In die boek van die Psalms staan daar
HANDELINGE 1:15-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In daardie dae het •Petrus tussen die broers opgestaan – daar was ongeveer honderd-en-twintig mense bymekaar – en gesê: “Broers, die Skrifwoord moes vervul word wat die Heilige Gees vroeër by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het. Hy het vir die mense wat Jesus gearresteer het, as gids opgetree, aangesien hy een uit ons geledere was, en deel gehad het aan ons bediening. Hy het mos 'n stuk grond aangeskaf uit die geld wat hy as beloning vir sy bose daad ontvang het. Hy het egter vooroor geval, in die middel oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. Dit het onder al die inwoners van Jerusalem bekend geword, met die gevolg dat daardie stuk grond in hulle eie taal as Akeldama bekend staan, dit is: ‘Bloedgrond’. Want daar staan in die Psalms geskryf: “ ‘Laat sy woonplek verlate word, en laat geen inwoner daarin bly nie.’ En: “ ‘Laat 'n ander sy amp as opsiener oorneem.’
HANDELINGE 1:15-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in daardie dae het Petrus tussen die dissipels opgestaan en gesê: (Die getal name saam was omtrent honderd-en-twintig) Manne en broeders, hierdie Skrif moes seker vervul gewees het wat die Heilige Gees deur die mond van Dawid tevore gespreek het oor Judas, wat die gids was vir die wat Jesus geneem het. Want hy is saam met ons getel en het deel van hierdie bediening verkry. En hierdie man het 'n stuk grond gekoop met die beloning van ongeregtigheid; en hy het halsoorkop geval en in die middel uitmekaar gebars, en al sy ingewande het uitgevloei. En dit was bekend aan al die inwoners van Jerusalem; in soverre daardie veld in hulle regte tong genoem word, Aceldama, dit wil sê, die veld van bloed. Want daar is geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woning woes word, en laat niemand daarin woon nie
HANDELINGE 1:15-20 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: “Broers en susters, ek wil eers met julle oor daardie verraaier van ’n Judas praat. Ek kan nou nog nie glo dat hy kop in een mus was met die spul wat vir Jesus gevang het nie. Ja, hy het dit alles beplan. “Om te dink dat Judas heeltyd een van ons was! Met die omkoopgeld wat hy gekry het om Jesus te verraai, het hy vir hom ’n stuk grond gaan koop. Maar hy is ’n paar dae gelede daar dood. Hy het hom doodgeval. Sy binneste het oopgebars van die val sodat hy hom doodgebloei het. Dalk het julle ook daarvan te hore gekom. Judas se dood is immers hoofnuus hier in Jerusalem se strate. Die mense noem daardie stuk grond van hom nou Bloedgrond, of soos hulle in Hebreeus sê: Akeldama. “In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies.
HANDELINGE 1:15-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê: “Medegelowiges, dit was nodig dat die Skrif oor Judas vervul moes word – dié man wat die tempelpolisie wat Jesus wou arresteer, na Hom toe gelei het. Die Heilige Gees het dit al lankal voorspel toe Hy deur Dawid daaroor gepraat het. Judas was inderdaad een van ons, en hy is ook saam met ons gekies vir hierdie bediening.” (Met die omkoopgeld wat Judas vir sy verraad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en sy middellyf het oopgebars. Al sy ingewande het uitgepeul. Die nuus oor sy dood het vinnig onder die inwoners van Jerusalem versprei. Hulle het daardie plek toe Akeldama genoem, ’n Aramese woord wat “Bloedgrond” beteken.) Petrus het voortgegaan: “Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan: ‘Laat sy woonplek verlate word; laat niemand daar bly nie.’ “En op ’n ander plek: ‘Laat iemand anders sy toesigverantwoordelikheid oorneem.’