Handelinge 1:15-20

Handelinge 1:15-20 ABA

Eendag was daar omtrent 120 mense bymekaar. Toe het Petrus, die leier, opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, die Heilige Gees het lank gelede vir Dawid gebruik om in die Ou Testament iets te sê oor Judas. Julle weet dat Judas vir die Joodse leiers gesê het hoe hulle vir Jesus kan vang. Daardie woorde in die Ou Testament móés waar word, en dit hét gebeur. Want Judas was een van ons en hy het die werk van 'n apostel gedoen. Judas het 'n stuk grond gekoop met die omkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. 'n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom. Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’ Want in die Psalms is daar geskryf: “ Sy woonplek moet 'n woestyn word, daar moet niemand woon nie, “en “ iemand anders moet sy werk doen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 1:15-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid