In ’n spoggerige huis kry ’n mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue of silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout of klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe. As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God het hom vergewe, is hy so spesiaal soos een van daardie mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg staan sodat sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.
Lees 2 Timoteus 2
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 2 Timoteus 2:20-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's