Dié nag het die Here aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy graag hê? Ek sal dit vir jou gee.” Salomo het geantwoord: “U was baie goed vir Dawid, my pa. Nou het U my in sy plek koning gemaak. U belofte aan hom is vervul. Ek is nou koning oor ’n volk wat so baie mense het soos die stof op die aarde. Gee my tog wysheid en kennis om hulle goed te regeer, want hoe anders kan ’n mens hierdie groot volk van U regeer?” God het Salomo geantwoord: “Aangesien jy jou volk wil help en nie gevra het vir rykdom of eer, of dat jou vyande moet sterf, of selfs vir ’n lang lewe nie, maar vir wysheid en kennis om goed te regeer, sal jy beslis kry wat jy gevra het. Maar Ek sal jou meer as wysheid en kennis gee: Ek sal jou ook meer geld en skatte en eer gee as wat enige koning vóór jou nog gehad het, of enigeen ná jou ooit sal hê.”
Lees 2 Kronieke 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 1:7-12
7 Days
In our rapidly changing and powerfully challenging world, we need wisdom for living. Our society pulls and pushes us in different directions, and in this turmoil we need a mental compass to guide us in the right way. We need wisdom for right living. This seven-day plan, based mainly on Proverbs, explores this subject as presented by Solomon.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's