1 Tessalonisense 5:2-4

1 Tessalonisense 5:2-4 DB

Julle weet teen hierdie tyd baie goed dat die dag waarop die Here terugkom net so onverwags sal plaasvind soos ’n dief wat in die middel van die nag by jou huis kom inbreek. Baie mense sal nog sê: “Ag nee wat, alles is veilig,” dan val alles rondom hulle skielik inmekaar. Hierdie mense sal begin skree van die pyn, net soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit sal niks help nie. Niemand sal op daardie dag wegkom nie. Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie.

Video vir 1 Tessalonisense 5:2-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Tessalonisense 5:2-4