Daardie nag het die Here met Salomo in ’n droom gepraat en vir hom gevra: “Wat kan Ek vir jou gee?” Salomo het gesê: “Here, U was lief vir my pa en hy was ook lief vir U. My pa was getrou aan U; hy wou net die regte dinge doen en hy wou U met sy hele hart dien. En U was goed vir my pa deur hom ’n seun te gee wat hom kon opvolg en wat vandag oor Israel regeer. Here, U het my in die plek van my pa koning gemaak, maar ek weet nie altyd hoe om goed te regeer nie, want ek is nog jonk. Ek moet oor ’n volk regeer wat U vir Uself gekies het, en daar is so baie van hulle dat ek hulle nie eens kan tel nie. Daarom vra ek u wysheid om goed oor u mense te regeer. Gee vir my die insig om regverdig te wees en tussen goed en kwaad te kan onderskei. Hoe kan ek sonder u hulp hierdie groot volk van U regeer?” Die Here was baie gelukkig met wat Salomo gevra het. Hy sê toe vir hom: “Jy het nie ’n lang lewe of baie geld of die ondergang van jou vyande gevra nie, maar die wysheid om goed te regeer. Ek sal alles vir jou gee. Ek sal jou trouens baie meer wysheid en insig gee as wat enigeen voor jou gehad het, of selfs na jou sal hê.
Lees 1 Konings 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 3:5-12
5 Days
Many of us see wisdom as something more experienced people have. But, we really can have it no matter how long we’ve lived. This 5-day Plan will give you insight into what godly wisdom actually is and how to gain it.
24 Days
A great way to build your prayer life is to learn from the prayers of others. This plan lets us listen in on prayers from Bible heroes in different situations and for different purposes, and is designed to accompany the message series Pray by Craig Groeschel. (You can watch it online at life.church) Don't pray alone; study this content together with your small group.
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's