Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KONINGS 3:5
Verkry Goddelike Wysheid
5 Dae
Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysheid eintlik is en hoe om dit te bekom.
Jou Vers Vir Die Dag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
Wysheid
12 Dae
Die Bybel daag ons uit om wysheid bo alles te soek. In hierdie leesplan sal jy elke dag 'n paar verse ondersoek wat oor wysheid gaan — wat dit is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te ontwikkel.
Bid
24 Dae
Die beste manier om in jou gebedslewe te laat groei, is om te leer uit ander se gebede. Hierdie leesplan laat ons luister na helde uit die Bybel se gebede in verskillende situasies en vir verskillende doelwitte. Die leesplan is ontwerp om saam met die boodskapreeks "Pray", deur Craig Groeschel, gelees te word. (Jy kan aanlyn by life.church daarna kyk). Moenie alleen bid nie, bestudeer hierdie inhoud saam met jou kleingroep.