Eers in die derde jaar van die droogte het die Here vir Elia gesê: “Gaan na Agab toe en sê vir hom dat Ek dit weer sal laat reën.” Elia is na Agab in Samaria toe, waar die hongersnood op sy ergste was. Agab het intussen sy paleishoof, Obadja, ontbied. Obadja was lief vir die Here. (Toe Isebel op ’n keer die Here se profete wreed vervolg het, het Obadja 100 van hulle versteek. Hy het hulle in twee groepe van 50 elk in spelonke weggesteek en elke dag vir hulle kos en water gestuur.) Agab het vir Obadja gesê hulle moet deur die hele land reis en by elke fontein en spruit vir ’n groenigheidjie gaan soek. As hulle genoeg kon kry, was dit nie nodig om al die perde en muile dood te maak nie. Hulle het toe die land in twee verdeel. Agab het in die een deel en Obadja in die ander deel gaan soek. Terwyl Obadja nog so ry, sien hy skielik ’n man in die verte. Toe hy naby kom, het hy die man herken, voor hom op sy knieë neergeval en gesê: “Meneer Elia, is dit werklik u?” “Ja, dit is ek,” het Elia gesê. “Gaan sê vir Agab ek is terug.”
Lees 1 Konings 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 18:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's