Nou kan ’n mens natuurlik vra waarom ’n ander man se gewete vir my moet voorskryf wat ek mag doen en wat ek nie mag doen nie. As ek vir God dankie sê vir die kos en lekker eet, hoe kan iemand dan sê dat dit verkeerd is om die kos te eet? Deur daarvoor dankie te sê erken ek mos dat dit van God af kom. Laat ek dit so stel: alles wat julle doen, of julle nou iets eet of drink, moet julle doen sodat mense kan raaksien hoe belangrik God is. Daarom mag julle niks doen wat ander mense seermaak of skade aandoen nie. Dit maak nie saak wie dit is nie - of hy ’n Christen is of nie en of jy van hom hou of nie. Dit is presies wat ek doen. Ek dink nie net aan myself nie, maar probeer om goed te wees vir ander mense. Ek doen nie goed wat hulle irriteer of afsit nie, sodat hulle ook deur my optrede die Here kan leer ken.
Lees 1 Korintiërs 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 10:29-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's