1 Kronieke 29:8-13

1 Kronieke 29:8-13 DB

Dié wat edelstene by hulle gehad het, het dit aan Jegiël gegee vir die tempelskatte. Dié volk was bly oor al die gawes, want hulle het dit vrywillig en met blydskap vir die Here gegee. Koning Dawid was ook baie bly. Dawid het toe die Here in die teenwoordigheid van die hele vergadering geprys: “Ek loof U, Here, God van ons voorvader Israel, vir altyd en altyd. O Here, die grootheid, krag, glans, roem en majesteit behoort aan U. Ja, alles in die hemel en op aarde is U s’n. Aan U, Here, behoort die leierskap; U is hoër as almal. Van U af kom alle rykdom en eer. U regeer oor alles. U deel mag en krag uit vir wie U wil. U kan enigiemand groot en sterk maak. En nou dank ons U en prys u glansryke Naam

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid