1 Kronieke 29:8-13

1 Kronieke 29:8-13 AFR20

Die wat edelstene in hulle besit gehad het, het dit gegee vir die skatkamer van die huis van die HERE, onder beheer van Jegiël, die Gersoniet. Die volk was verheug oor die gesaghebbers se bereidwilligheid, want hulle het dit van harte vrywillig vir die HERE gegee. Ook koning Dawid was besonder verheug. Daarop het Dawid die HERE ten aanskoue van die hele geloofsgemeenskap geprys. Dawid het gesê: “U moet geprys word, HERE, God van ons vader Israel, van altyd af en vir ewig. Aan U, HERE, behoort die grootheid, die sterkte, die luister, die roem en die majesteit – ja, alles in die hemel en op die aarde. Aan U, HERE, behoort die koningskap, en U is as hoof verhewe bo alles. Rykdom en eer kom van U, en U regeer oor alles. In u hand is krag en sterkte, en dit is in u hand om enigiemand groot en sterk te maak. Daarom, ons God, prys ons U en loof ons u luisterryke Naam.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid