Kom sing vir die Here, almal op aarde. vertel elke dag hoe Hy ons uit die nood gered het. Moenie stilbly by die volke nie. Vertel vir die nasies hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen. Die Here is baie groot en daarom moet ons Hom met die mooiste woorde grootmaak. Hy is groter as alle ander gode. Wat is die ander gode in vergelyking met Hom? Net mooi niks nie! Mense het hulle gemaak. Maar ons Here het die hemel gemaak. As ’n mens by die Here is, word jy oorweldig; oorweldig deur hoe Hy oor alles heers, hoe belangrik Hy in vergelyking met enigiemand anders is, hoe sterk Hy is en hoe mooi alles by Hom is. Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is. Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker as enigiemand anders is. Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien. Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak, kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is. Al die mense op aarde moet besef hoe klein hulle teenoor die Here is. Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê. Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop. Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu. Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
Lees 1 Kronieke 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Kronieke 16:23-31
7 Days
Our hearts are postured to worship. As Christ followers, we were created by God to worship Him. But we tend to offer our adoration and allegiance to people and things other than Him. Come along with us on this journey as we dive into what worship is and how we can learn to live a lifestyle that puts God as the top priority in our lives.
10 Days
With so many responsibilities and distractions vying for our attention, we often end up in unhealthy cycles of rest. We strive and strain against God’s intent for our lives and burn ourselves out. This 10-day reading plan will introduce you to spiritual pathways that will help position you to receive from the Lord and experience communion and intimacy with him—and true soul rest.
7 Dae
Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's