So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar. Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word! Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns. En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword. En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naómi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Ísai, die vader van Dawid.
Lees RUT 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: RUT 4:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's