PSALMS 60:6-12

PSALMS 60:6-12 AFR53

U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons! God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa! Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom? Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.