PSALMS 60:6-12
PSALMS 60:6-12 Bybel vir almal (ABA)
U het 'n vlag in die lug gehou vir ons, vir die mense wat vir U dien, U het gesê ons moet wegvlug van ons vyande. U moet nou u hand optel en ons red, U moet doen wat ons vra, sodat ons, die mense vir wie U lief is, vry kan word. God het in sy tempel gesê: “Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig wanneer Ek die grond van Sigem verdeel en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet en vir mense gee. Die land Gilead is my land, die land van Manasse is ook Myne. Die land Efraim is vir My soos die helm op die kop van 'n soldaat. Die land Juda is vir My soos die septer in die hand van 'n koning. Die land Moab is vir My soos 'n skottel waarin iemand sy voete was. Ek neem die land Edom vir My. Ek skree omdat Ek die Filistyne oorwin het.” Wie sal my bring na 'n stad wat sterk mure het, wie sal my na Edom lei? O God, U het ons weggestoot, U self het dit gedoen, U gaan nie saam met ons soldate wanneer hulle oorlog gaan maak nie.
PSALMS 60:6-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons! God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa! Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom? Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
PSALMS 60:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek tog u dienaars saam onder u vaandel dat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand. Sela Red ons deur u groot mag, en help ons, sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word. God het in sy heilige woning gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die Sukkotlaagte uitdeel! Aan My behoort Gilead, aan My behoort Manasse! Efraim is my vernaamste vesting, Juda my koninklike gebied. Moab is tot my beskikking, Edom neem Ek in besit, oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.” Wie sal ons na Edom toe lei, ons bring na sy versterkte stad? U het ons verstoot, o God, U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!
PSALMS 60:6-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het aan hulle wat vir U ontsag het, 'n banier gegee waaronder hulle byeen kan kom, weg van die boogskutters. •Sela Sodat u geliefdes gered kan word – verlos tog met u regterhand en antwoord ons! God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet. Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf. Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor My moet jy juig, Filistea.” Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom? Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
PSALMS 60:6-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het in sy heiligheid gespreek; Ek sal jubel, Ek sal Sigem verdeel en die dal Sukkot afmeet. Gilead is myne, en Manasse is myne; En Efraim is die sterkte van my hoof; Juda is my wetgewer; Moab is my waspot; oor Edom sal Ek my skoen uitgooi; Filistië, triomfeer om my ontwil. Wie sal my in die sterk stad bring? wie sal my na Edom toe lei? Wil U nie, o God, wat ons verstoot het nie? en U, o God, wat nie saam met ons leërs uitgetrek het nie? Gee ons hulp van benoudheid, want tevergeefs is die hulp van 'n mens. Deur God sal ons dapper handel, want Hy is dit wat ons vyande sal vertrap.
PSALMS 60:6-12 Die Boodskap (DB)
U beskerm almal wat by U kom wegkruip. U spaar almal wat U dien se lewe. U beskerm hulle teen hulle vyande. Red nou al u kinders met u groot krag. U het ons lief. Red ons! Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê: “Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee. Die hele land is Myne. Ek het vir julle elkeen plek gemaak. In Juda se gebied bly die koning. Ook die gebiede rondom julle is Myne om daarmee te maak wat Ek wil. Ek het mag oor julle bure, Ek regeer oor hulle.” Die Here se kinders het gesê: Daar is niemand wat ons kan help om ons vyande te verslaan nie. Hulle bly in sterk stede. God, U het ons van U af weggestoot. God, U lei en beskerm ons soldate nie meer nie.
PSALMS 60:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir dié wat U dien, het U ’n vaandel gehys, ’n versamelplek teen die boogskutters. Sela Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red. In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. Gilead is Myne, ook Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne voortbring en Juda sal my konings oplewer. Moab sal my dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.” Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring? Het U ons verwerp, o God? Sal U, o God, saam met ons leërs opruk?