Psalms 60:6-12

Psalms 60:6-12 AFR20

U het aan hulle wat vir U ontsag het, 'n banier gegee waaronder hulle byeen kan kom, weg van die boogskutters. •Sela Sodat u geliefdes gered kan word – verlos tog met u regterhand en antwoord ons! God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet. Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf. Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor My moet jy juig, Filistea.” Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom? Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.